Afrikaans nuus, 19 February 2019

Written by on 19/02/2019

NUUS BY MICHELLE  AUGUS

DIE STAKING

Die onderwysersvakbond, SADOU, het met die adjunkminister van Basiese Onderwys, Enver Surty in Kaapstad vergader oor geweld en mishandeling wat onderwysers en leerders raak. Daar is veral gefokus op kwessies soos veiligheid en die beskerming van onderwysers in die Wes-Kaap. SADOU se provinsiale sekretaris, Jonavon Rusting sê skole het gewelddadige plekke geword en wat ‘n gevaar vir onderwysers en leerders inhou. Surty het op sy beurt gesê hy is bekommerd oor die gewelddadige aanvalle in skole, maar het enige vorm van lyfstraf by enige skool skerp veroordeel. Hy vra dat ‘n maatskaplike benadering gevolg word en dat veral ouers moet help om geweld by skole te beëindig.

AANVAL OP METRORAIL WERKER

Vervoer-unie, (Untu), het sy teleurstelling uitgespreek ná ‘n aanal op ‘n administrateur van Metrorail by Tygerberg-stasie.Die voorval het in die vroeë oggendure plaasgevind terwyl Vernon Brynard vir ‘n trein gewag het.Die 56-jarige man is toe oorval deur ‘n groep mans wat hom in sy linkerarm gesteek het voordat hulle hom beroof het.Untu se algemene sekretaris Steve Harris sê dit is die derde keer dat die man aangeval is op pad werk toe.

POLITIEKE NUUS

Die bitter geveg tussen die Demokratiese Alliansie en die voormalige burgemeester van Kaapstad Patricia de Lille, word vir nog ‘n rondte in die howe aangewys.Dit kom nadat De Lille, wat nou die leier van die GOOD Party is, aangekondig het dat sy vier DA-lede, twee van hulle LP’s, sal aankla vir laster.Die DA sê die saak sal normale regstappe volg.De Lille dagvaar die DA-LP’s, Mike Waters en Bronwin Engelbrecht, die party se voorsitter van KwaZulu-Natal, Shehana Kajee, en ‘n plaaslike lid van Kaapstad Henk Hugo.Volgens De Lille het hulle haar naam verontagsaam deur ‘n vals verslag van die Ouditeur-Generaal verlede jaar te deel wat haar in ‘n onreëlmatige MyCiTi-bus-tender betwyfel terwyl sy burgemeester van Kaapstad was.De Lille sê die kantoor van die Ouditeur-Generaal het bevestig dat die verslag inderdaad vals was.Daar moet nog ‘n hofdatum vasgestel word vir die verhoor.

RESTUARANT NUUS

Die restourant, Wolfgat aan die Kaapse Weskus is aangewys as restourant van die jaar. Die eienaar en sjef, Kobus van der Merwe het die toekenning in Parys, Frankryk ontvang. Die restourant het ook die toekenning gekry vir die beste bestemming wat nie in ‘n bekende internasionale stad of dorp is nie. Wolfgat is geleë in die toeriste dorpie, Paternoster. Die restaurant is in ‘n vissershuisie wat 130 jaar oud is en is bo-op ‘n grot, bekend as Wolwegat gebou. Die restourant het slegs plek vir 20 mense. Die beoordelaars is almal koskenners en joernaliste van 37 lande.

BRAND

Die Franschhoekpas is gesluit weens ‘n veldbrand aan albei kante van die pad. Die brand het in die Overberg naby die Theewaterskloofdam uitgebreek. Sterk wind blaas die vlamme aan in die rigting van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit. Die brandweer sê die voorpunt van die brand is ontoeganklik wat die gevaar vererger dat die brand buite beheer kan raak. Die brandbeskermingsvereniging het boere in die gebied oor die dreigende gevaar gewaarsku. Die brand aan die onderkant van die Shawspas naby Caledon is intussen gedeeltelik onder beheer gebring.

OORBEVOLKING BY SKOOL

Geen onderrig  vind hierdie week plaas by ‘n laerskool in Calitzdorp nie, want ouers en die skoolbeheerliggaam het die instelling gesluit weens oorbevolking.Laerskool Excelsior sê dat dit op ‘n gegewe tydstip groot probleme ondervind met meer as 60 leerlinge.Die skool se beheerliggaam se Colleen Murphy sê onderwysers neem teveel spanning.Maar die Wes-Kaap Onderwysdepartement se Bronagh Hammond sê die skool het nie gevra of addisionele onderwysers beskikbaar is nie.

 


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: