Afrikaans Nuus, 21 February 2019

Written by on 21/02/2019

Afrikaans Nuus by Michelle Augus

SKIETVOORVAL

Die polisie in die Wes-Kaap het ‘n soektog van stapel gestuur na vier verdagtes na ‘n skietvoorval gisteraand op die N2-hoofweg by Mew-weg in Khayelitsha. Drie mans is dood en twee is gewond toe aanvallers vanuit een voertuig op ‘n ander voertuig losgebrand het. Die aanvallers het na die skietery weggejaag. ‘n Polisiewoordvoerder, Andre Traut sê hulle ondersoek die moontlikheid dat die voorval met taxi-geweld verband hou.

 

OPTOG

Ontevrede gemeenskapslede van Lithapark in Khayelitsha het vanoggend ‘n protes begin in hul gebied oor die verhooging in watertariewe. Die groep mense beweer dat hulle ‘n klag by die Stad Kaapstad ingedien het, maar na 10 dae het hulle nog nie n antwoord van die Stad oor hul griewe ontvang nie. Paaie word geblokkeer deur brandende bande en vullis in die hoofweg in lithapark en motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

 

BRAND WOED NOGSTEEDS

Brandbestyders sukkel nog om die veldbrand in die berge by Fraschoek in die Boland onder beheer te bring. `n Woordvoerder van die Kaapse Wynland-munisipaliteit, Jo-Anne Otto, sê die sterk wind het die vordering sedert Sondagmiddag grootliks ongedaan gemaak en daar word nou op die Bohoek-gebied en Mont Rochelle gekonsentreer.

 

MOKGORO ONDERSOEK

Die geskorste adjunk-nasionale hoof van openbare vervolging, Nomgcobo Jiba het begin getuig by die Mokgoro-ondersoek in Pretoria. Die ondersoek moet bepaal of sy en nog ‘n geskorste senior advokaat, Lawrence Mrwebi geskik is om hulle poste te beklee. Mrwebi het gister getuig. Jiba sê sy was geskok toe sy uitvind dat mense wat sy as haar kollegas beskou, nie voel sy is geskik om die NVG te lei nie. Sy sê sy is passievol oor haar werk en geniet dit om ‘n aanklaer te wees.

 

BEGROTING NUUS

Die vakbondfederasie SAFTU het Minister Tito Mboweni se begroting veroordeel en sê dit bevoordeel die rykes in die land. Opposisiepartye het ook die begroting gekritiseer en sê daar is nie duidelike planne om werk te skep en die sukkelende ekonomie reg te ruk nie. Mboweni het dit duidelik gemaak dat die regering nie beplan om Eskom en ander staatsinstellings se skuldlas oor te neem nie. SAFTU se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê die begroting vererger die uitdagings vir armes en werkers. Hy sê die brandstofheffing is verhoog maar daar is glad nie verwys na persoonlike en maatskappybelasting nie.

 

Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane sê dat sy aan pres. Cyril Ramaphosa en die nasionale vergadering, Speaker Baleka Mbete, sal skryf om die minister van finansies,Tito Mboweni, te rapporteer omdat hy haar kantoor ondermyn.Mboweni het vroeër vandeesweek aan joernaliste gesê dat hy haar verslag oor die regsgeneraal van die nasionale tesourie Dondo Mogajane oor geregtelike hersiening sal neem en dat hy nie vertroue het in haar vermoëns nie.In ‘n verslag verlede jaar het Mkhwebane bevind Mogajane het misluk om ‘n oortreding van verkeersoortredings te verklaar toe hy vir die pos van direkteur-generaal aansoek gedoen het en het aanbeveel dat remediërende optrede teen hom geneem word.Mboweni het egter Mkhwebane se bevindings ontken en gesê terwyl hy die kantoor respekteer, is Mkhwebane verkeerd.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: