Afrikaans nuus, 22 Februarie 2019

Written by on 22/02/2019

Afrikaans nuus by Michelle Augus

SKIET VOOVAL

Dit is steeds onduidelik of ‘n skietery waarin drie mans in Khayelitsha vermoor is, verband hou met spanning in die taxi-bedryf.Die skietery het Woensdag op die Mew Waybrug plaasgevind. Twee ander is gewond.Die polisie vermoed die dodelike skietery was taxiverwant.Taxi-organisasie Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi Raad is nie bereid om op hierdie stadium kommentaar te lewer oor die moontlike motief nie, en sê dit wil eers met affiliasies raadpleeg.Die polisie sê vier mans het op die voertuig geskiet wat die slagoffers Woensdag in gery het. Hulle het gevlug en is nog steeds vermis.

TOEKOMS SKOOL AANSOEKE

Ouers van voornemende Graad-R, een en agt leerlinge in die Wes-Kaap, kan nou reeds elektronies aansoek doen om toelating vir die 2020-skooljaar. ‘n Woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwys Departement, Millicent Merton, sê ongeveer 350 skole in die provinsie is deel van die toetslopie vir die aanlynstelsel.

BRAND

Brandbestryders het daar geslaag om die brand wat in die Franschhoek-berge in die Boland woed, weg te keer van die dorp en plase. Die brand, wat reeds ‘n paar dae woed, het meer as vyfduisend hektaar se plantegroei vernietig. ‘n Woordvoerder van die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit, Jo-Anne Otto, sê die brand woed tans bo in die berge waar dit onbegaanbaar is.

SIEKTE UITBRAAK

Die Thelle Mogoerane-hospitaal in Vosloorus sê dit het meer linne bestel ná ‘n tekort wat veroorsaak het dat operasies hierdie week gekanselleer word.Dit is verstaan die probleem is veroorsaak deur ‘n afbreek van wasmasjiene.Die tekort het vrese van siektes en babadoodgevalle veroorsaak wat verband hou met die klebsiella-bakterieë nadat agt babas verlede maand by dieselfde fasiliteit gesterf het.Die hospitaal se waarnemende hoof uitvoerende beampte, Michael Malaka, het gesê hulle kan net noodbedrywighede uitvoer.Malaka sê hulle is besig om meer linne vir die hospitaal te kry en na ander maatreëls te kyk om te verseker dat bedrywighede geen verdere onderbrekings ondervind nie.Die hospitaal het verlede jaar hoofnuus gemaak toe ses pasgebore babas gesterf het nadat hulle positief getoets het vir die dodelike klebsiella-bakterieë.

ROOFTOG BY SKOOL

Die polisie ondervra ‘n taxi-besteldiensbestuurder in verband met gister se rooftog by die hoërskool Edenvale High aan die Oosrand. Sy voertuig is deur die rowers gekaap nadat hulle ná die rooftog van die skool wou vlug. Die polisie het twee rowers by die skool doodgeskiet en nog een is gewond. Hy is onder polisiebewaking in die hospitaal. Twee verdagtes is kort ná die rooftog vasgetrek en die vierde verdagte gistermiddag laat. ‘n Polisiewoordvoerder, Kay Makhubele sê die rowers het die taxi-bestuurder gedwing om hulle in die Johannesburgse middestad af te laai.

STAKING

Die Soweto-hoofweg en verskeie ander paaie in die Diepkloof-omgewing in Soweto is vir verkeer gesluit weens voortgesette protesaksie deur die gemeenskap. Die verkeersvloei word ernstig geraak. Dit is in dié stadium nog nie duidelik waarom daar betoog word nie. Johannesburg se metropolisie het motoriste aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

 


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: