Afrikaans News, 5 March 2019

Written by on 05/03/2019

Nuus by Michelle Augus

BRAND VOORVAL

Blyplekke in die Overcome Heights informele woongebied in
Lavender Hill op die Kaapse Vlakte is gisteraand in ‘n brand vernietig. Nege
brandweerwaens en vyf watertenks het die brand onder beheer te bring. ‘n
Brandbestryder is vir hitteuitputting en ontwatering behandel. Niemand anders
is beseer nie. Die oorsaak van die brand is onbekend.

MOORD SAAK

Die polisie ondersoek die saak van moord nadat ‘n man in
Langa aangeval is.Die man, wat na bewering ‘n taxify-bestuurder in Kaapstad is,
is Saterdag vermoor. Hy het na bewering op ‘n reisversoek in Durbanville
gereageer.Volgens die polisie is die bestuurder verskeie kere gesteek en is na
die hospitaal gejaag. Hy is toe na ‘n ander hospitaal oorgeplaas waar hy later
gesterf het.Die polisie se Frederick van Wyk sê ‘n ondersoek is aan die gang.

HOF VERSKYNING

‘N Lasbrief vir die arrestasie van Reghard Groenewald, ‘n
man ter verhoor vir die moord op Eversdal-rekeningkundige tutor Hillary van
Rooyen, is uitgereik, maar sal eers van krag word as hy vandag nie weer in die
hof verskyn nie.Die moordverhoor moes gister by die Wes-Kaapse hooggeregshof
voortgaan, maar is uitgestel nadat Groenewald, wat op borgtog vrygelaat is, nie
‘n verskyning gemaak het nie.Sy prokureur, adv. Ross McKernan, het aan die hof
gesê hy ken nie sy kliënt se address nie.Van Rooyen (52) is op 9 Mei 2017 dood
by haar huis gevind. Daar was geen tekens van ‘n inbraak nie. ‘N iPhone 6 ter
waarde van R10000, ‘n stel sleutels en ‘n afstandbeheerder na die eiendom was
gesteel.Groenewald was op CCTV-beeldmateriaal geïdentifiseer deur Van Rooyen se
seun, Luke van Rooyen. 

VERKRAGTING BY SKOOL

‘n Graad-agt leerder van ‘n sekondêre skool in Diepkloof in
Soweto is na bewering deur drie van haar medeleerders verkrag. Die voorval was
die afgelope naweek by ‘n oriënteringskamp by De Deur. Dit is by die polisie
aangemeld en ‘n ondersoek is aan die gang. Die vermeende oortreders is intussen
geskors. Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi sal na verwagting die
skool vandag besoek.

HOF VERRIGTINGE

‘n Datum vir die verhoor van die man wat aangekla word van
die verkragting van ‘n sewejarige meisie by ‘n Dros-restaurant in Pretoria, sal
moontlik vandag bepaal word en op die Hooggeregshof se hofrol geplaas word. Die
20-jarige Nicholas Ninow verskyn weer vanoggend in die Pretoriase landdroshof
nadat daar tydens sy vorige hofverskyning bepaal is dat hy toerekeningsvatbaar
is. Die bevinding is gedoen nadat Ninow 30 dae se sielkundige waarneming
ondergaan het. Ninow staan ook tereg op aanklagte van dwelmbesit, intimidasie
en verkragting.

AANRANDING SAAK

Die kwaitosangeres, Babes Wodumo, sal na verwagting vandag
‘n nuuskonferensie hou. Sy het ‘n klag van aanranding teen haar vriend, Mandla
Maphumulo gelê. Hy is ook ‘n sanger wat onder die naam, Mampintsha, optree. ‘n
Video is gister op die internet versprei waarin gesien kan word hoe hy Wodumo
aanrand. Wodumo se pa, Mbongeni Simelane, het bevestig dat sy dogter ‘n klag
gelê het. Die voorval het reeds wye reaksie ontlok. Haar ondersteuners en
politici het gevra dat Mampintsha in hegtenis geneem word.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: