Afrikaans Nuus, 13 March 2019

Written by on 13/03/2019

Nuus by Michelle Augus

STEEKVOORVAL BY SKOOL

‘N Leerder is in die hospitaal opgeneem nadat hy op
skoolperseel gesteek was.Die Sekondêre leerling van Rusthof is gister gesteek
deur n ander leerder tydens n geveg blykbaar na hulle gedobbel het.Die graad
agt leerling het blyklik sy geld verloor in die dobbel speletjie teen die graad
nege leerling. Dit het tot die geveg gelei.Jessica Shelver, woordvoerder van
die provinsiale departement van onderwys, het gesê dat hulle is baie bekommerd
oor die aggressiewe aard van die voorval en dat die leerder ‘n mes saam met hom
op skoolterrein gehad het.Hulle is in kennis gestel dat die beweerde slagoffer
in ‘n stabiele toestand in die hospitaal is. Die skool sal dissiplinêre
prosedures volg in terme van hul gedragskode.Dit is die tweede skool wat
hierdie week in die provinsie steek.

RAMP BESTUUR

Die Kaapstad-metro sê hy het planne beraam om die impak van
rampe, soos droogtetoestande, te verminder. Die stad het verlede jaar daarin
geslaag om te keer dat die krane heeltemal opdroog te midde van een van die
ergste droogtes in die geskiedenis in die Wes-Kaap. Die burgemeesterskomiteelid
JP Smith het tydens ‘n simposium oor rampbestuur in Bellville gesê die stad kon
die krisis afweer danksy insette van sleutelbelanghebbers. Hy sê daar kan lesse
geleer word om soortgelyke krisisse in die toekoms af te weer. Smith sê ander
stede wêreldwyd gebruik Kaapstad as ‘n voorbeeld om waterverbruik te verminder.

PETISIE OOR WATERTARIEWE

Die ANC in die Wes-Kaap het inwoners met hoë waterrekeninge
aangemoedig om vorentoe te kom om ‘n litigasiesaak teen die Stad Kaapstad by te
woon.Die ANC se Wes-Kaapse verkiesingshoof, Ebrahim Rasool het gese hul doel is
om meer litigante te kry vir meer verligting.Hulle beplan om hierdie week ‘n
deur-tot-deur-veldtog te bewerk stellig en hulle wil hê mense moet dit
bywoon.In September het die party hofstukke ingedien om verhoogde watertariewe
te betwis nadat dit beweer het dat dit verskeie klagtes van inwoners ontvang
het wat gesê het dat hulle “belaglike” waterrekeninge teëgekom
het.Die party het dokumente in die Wes-Kaapse hooggeregshof geliasseer in ‘n
poging om ‘n “klasaksiepak” te begin. Dokumente is geliasseer net dae
nadat die Stad die ontspanning van waterbeperkings en die verlaging van tariewe
aangekondig het.Die klasaksie is namens vier inwoners, Patrick Festus, Arthur
Theys, Jan Hector en Lameez Souma, geliasseer. Hulle het probeer om alle water-
en sanitêre tariewe te verminder.

SPERTYD VIR INHANDIGING VAN KANDIDAATLYSE

Politieke partye het nog net vandag tyd om hulle
kandidaatlyste vir die algemene verkiesing op 8 Mei by die Verkiesingskommissie
in te dien. Die partye moet ook teen vandag 45-duisend rand betaal vir elke
provinsie waarin hul wil staan en 200-duisend rand om aan die nasionale
verkiesing deel te neem. Die meeste kleiner partye gaan slegs in provinsies
staan waar hulle heelwat steun geniet. Die ANC sal ook vandag sy kandidaatlys
indien. Die party se sekretaris-generaal, Ace Magashule, sê ‘n behoorlike verkiesingsproses
is gevolg.

TIENER MOORD

‘N 16-jarige seun is doodgesteek buite ‘n skool in Mondeor
suid van Johannesburg.ER24-paramedici sê hulle het die tiener dood gevind toe
hulle vanoggend op die toneel aangekom het.Dit word verstaan dat hy in die bors
gesteek is.Die besonderhede rondom hierdie voorval is nog nie bekend nie, maar
die polisie ondersoek die voorval.

ROOGTOG

Die polisie soek die moordenaars van ‘n tiener in die
Noord-Kaap.Die 17-jarige seun is verlede naweek doodgesteek.Hy het saam met ‘n
groep vriende gewandel toe hulle deur rowers gekonfronteer was.Die polisie se
Majang Skalkie sê beamptes soek na 10 mans.Die verdagtes is onbekend, en
niemand is nog in hegtenis geneem nie.Hulle moedig die publiek aan om hul
naaste polisiekantoor te kontak indien hulle enige inligting het.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: