Afrikaans nuus, 15 March 2019

Written by on 15/03/2019

Nuus by Michelle Augus

VONNIS OPLEGGING

Twee verdagtes wat in ‘n transito-rooftog in Parow betrek
is, is tot vier jaar tronkstraf  in die Bellville-streekhof gevonnis.
28-jarige Senzo Ponoyi en 35-jarige Nkosiphendule Khanyana is in 2016
gearresteer nadat hulle ‘n G4S-sekuriteitswag by die Parow-winkelsentrum beroof
het. Hulle het daarin geslaag om met die geldkis te ontsnap. Hulle is later in
hegtenis geneem. Die Hawk se kaptein, Philani Nkwalase, het gesê die mans was
verlede jaar skuldig bevind.

SKULDIG BEVINDING

Moordenaars soos Lloyd Simbarashe, volgens Bonita Lewis,
moet uit die samelewing verwyder word, wie se dogter deur haar intieme
lewensmaat vermoor is. Bonita se dogter, Nikita Lewis, is 34 keer deur haar
eks, Simbarashe gesteek nadat sy by die Saartjie Baartman-sentrum vir Mishandelde
Vroue en Kinders (SBC) geskuil het.Op 9 Oktober 2015 het Simbarashe Nikita en
drie ander vroue van die sentrum na ‘n superette, sowat 150 meter vanaf die
koshuis, gevolg. Hy het Nikita in die winkel aangeval en haar vermoor. Die
Wes-Kaapse hooggeregshof het gister Simbarashe tot lewens lange tronkstraf
gevonnis, plus 13 jaar en ses maande.

SKOOL DWELMTOETSING

Statistieke van die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) het
getoon dat uit 145 laerskool leerlinge getoets vir dwelmmisbruik, 84 positief getoets.Op
hoërskole het 478 uit 655 leerlinge positief getoets.Die toetse is uitgevoer op
leerlinge wat vermoed word van dwelmmisbruik. By laerskole was 56 van diegene
wat positief getoets het, seuns.Op hoërskole was die syfer 359. Die toetse is
verlede jaar in die eerste, tweede en derde kwartaal uitgevoer.Jessica Shelver,
woordvoerder van die onderwys-generaal, Debbie Schäfer, het gesê dat Veilige
leeromgewings is noodsaaklik om te verseker dat gehalte-onderwys gelewer word.
Dit is noodsaaklik dat alle skole dwelmvry bly. As primêre versorgers speel
ouers die belangrikste rol in die identifisering van dwelmgebruik deur hul
kinders. 

ROOFTOG

Die Poskantoor sê dit sal sekuriteit by hoërisiko-takke
opgradeer.Dit volg nadat ‘n tak in Grassy Park gister beroof is. Die
takbestuurder is oorval deur twee gewapende mans wat kontant gesteel het.Johan
Kruger, woordvoerder van die postkantoor, sê die bestuurder oorval deur die
gewapende mans toe hy die tak oopgemaak het.Hy sê Sassa het reeds begin om
fisiese sekuriteit by alle takke op te gradeer en voeg by dat op
kontantbetalingsdae soos ALLPAY word kontantuitbetalings versteur  om te
verseker dat kontant op enige stadium van die dag nie onbeskikbaar is
nie.Kruger sê die ander takke sal teen September opgegradeer word.

GEVANGE LEEU

Die jong leeu wat verlede maand uit die Karoo Nasionale Park
ontsnap het, is nou gemerk met ‘n moniteringstoestel.Amptenare neem nie kanse
nadat die dier op lewenswandel van amper n maand gegaan het voordat hulle hom
die week gevang het. Die leeu was in ‘n houer by die Sutherland-polisiekantoor
aangehou nadat hy gevang was n was daarna trug na die Karoo Nasionale Park
vervoer.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: