Afrikaans nuus, 26 March 2019

Written by on 26/03/2019

Nuus by Michele Augus

GROND EIS BEVEL

Meer as 900 eisers van Distrik Ses in Kaapstad het ‘n
hofaansoek teen die Minister van Landelike Ontwikkeling, Maite Nkoana
Mashabane, in haar persoonlike kapasiteit ingedien vir minagting van die hof.
Die Distrik Ses-werkskomitee sê Nkoana-Mashabane het versuim om restitusie vir
die inwoners van Distrik Ses te verseker soos wat die Hooggeregshof in Kaapstad
beslis het. Die komiteevoorsitter, Shahied Ajam, sê hulle het nuwe hoop vir die
proses nadat die Grondeisehof in Randburg verlede week ‘n verklarende bevel
teen die regering uitgereik het vir die versuim om in meer as twintig jaar
enige restitusie te bewerkstellig. Ajam sê hy het die hofdokumente op
Nkoana-Mshabane beteken.

DRONK BESTUUR

Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe sê hulle is bekommerd
oor die aantal persone in die metro wat onder die invloed van alkohol bestuur.
Die metroraad se burgemeestersterkomiteelid vir Veiligheid, JP Smith, sê die
meeste inhegtenisnemings deur Kaapstad se wetstoepassingsbeamptes is weens
dronkbestuur. Van die 125 persone wat die afgelope week aangekeer is, was 80 vir
dronkbestuur.

VERKIESING NUUS

Die Wes-Kaap se verkiesingskommissie het ‘n beroep gedoen op
geregistreerde kiesers wat swanger of fisies gestremd is om aansoek te doen om
spesiale stemme uit te bring vir die verkiesing op 8 Mei. Die
verkiesingsbeampte Courtney Sampson, sê aansoeke vir spesiale stemme kan van 4
tot 18 April by die Verkiesingskommissie se kantore ingedien word. Dié persone
sal dan op 6 en 7 Mei stem.

ESKOM NUUS

Die DA  sê dat die ANC-regering ná verskeie dae van
agtereenvolgende rollende kragonderbrekings nie meer kan voorgee dat dit ‘n
tydelike probleem is nie.Die party se Wes-Kaapse premierkandidaat, Alan Winde,
sê dat verlengde loadsheding die ekonomie sal vermoor, en dit maak dit moeilik
vir die regering om skuld terug te betaal.Volgens Winde sal Eskom se
krisisbehoeftes lei tot meer werkverliese en n swakker ekonomie.Sommige ekonome
beraam dat meer as R10 miljard verlore gegaan het asgevolg van
loadshedding.Eskom het egter vandeesweek ‘n paar stappe gevorder om
loadshedding te vermy.

OMVANG VAN BEURTKRAG

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê hy
is nog besig om die totale omvang van die koste te beraam nadat Eskom beurtkrag
die afgelope twee weke ingestel het. Die Kamer vra intussen die regering om
hoogs ervare en bekwame amptenare aan te stel om die krisis af te weer. Die
Kamer se uitvoerende hoof, Alan Mukoki sê beurtkrag het ‘n uiters negatiewe
impak op die ekonomie en potensiële buitelandse beleggings.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: