Afrikaans nuus, 27 March 2019

Written by on 27/03/2019

Nuus by Michelle Augus

INHEGTENISNEEMING VIR DRONKBESTUUR

‘N 29-jarige taxi-bestuurder is vanoggend op die ou Paarlweg
in Bellville naby Kaapstad gearresteer vir dronk bestuur. Die stad Kaapstad se
verkeerswoordvoerder Richard Coleman sê daar was 17 passasiers in die taxi.
Coleman sê die voertuig het vanaf Kraaifontein na Bellville gereis.

SKIETVOORVAL SLAGOFFER

‘N 5-jarige seun van Bonteheuwel, wat tydens ‘n vermeende
bendeverwante skietery in die kruisvuur gevang was, kan nie geopereer word nie
omdat die koeëls te diep in sy lyf is.Hy was na die Rooi Kruis hospitaal gehaas
nadat hy twee keer in sy boude en een keer in sy rug geskiet was.’N 7-jarige
meisie het ook tydens die voorval ‘n vleeswond opgedoen en is later by die
Vanguard-hospitaal ontslaan.’N 32-jarige man is ook verskeie kere in die been
geskiet en was na die Groote Schuur-hospitaal geneem.Polisiewoordvoerder, FC
van Wyk, het gesê  gevalle van poging tot moord is ondersoek en niemand is
nog in hegtenis geneem nie.

HOF SAAK DUUR VOORT

Die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy in
2016 nadat sy Ford Kuga aan die brand geslaan het, word vandag in die
Hooggeregshof in Kaapstad voortgesit. ‘n Aantal getuies wat die voertuig met
Jimmy daarin by Wildernis in die Suid-Kaap gesien brand het, het die afgelope
twee dae getuig. Ford het vroeër enige skuld aan die voorval ontken, waarna die
Openbare Vervolgingsgesag besluit het om niemand te vervolg nie. Die
burgerregte-organisasie, Afriforum, het egter die geregtelike ondersoek
aangevra.

POLITIEKE NUUS

Voormalige burgemeester, Patricia de Lille, sê Kapenaars
verdien nie “onwettige” hoë waterheffings nie en moet die DA by die
stembus straf vir hoe hulle die armes en kwesbare ontgin het.De Lille se
opmerkings volg die Moody’s Investors Service (Moody’s) se beoordelingsverslag
dat hoë watertariewe, wat ingestel is om waterbewaring te bevorder, die stad se
inkomste uit waterverkope met 7% verhoog het om R4,4 miljard te bereik .Moody’s
het vroeër hierdie maand die vooruitsig op die Stad se gradering verander na
stabiel vanaf negatief en het sy langtermyn-uitreiker en senior onversekerde
skuldgraderings bevestig.

EFF OORTREDINGS

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie maak vanoggend sy
bevindings en aanbevelings oor klagtes van haatspraak teen die EFF-leier,
Julius Malema, en ander lede van die party bekend. Die kommissie sê politieke
leiers moet verantwoordelik optree wanneer hulle ondersteuners toespreek en
politieke uitsprake lewer. Die kommissie se bestuurshoof, Tshediso Thipanyane,
het die afgelope naweek gesê die reg tot vryheid van spraak is nie onbeperk
nie.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: