Afrikaans nuus, 01 April 2019

Written by on 01/04/2019

Nuus by Michelle Augus

AANRANDING OP TREINDRYWER

‘n Vroue Metrorail-treindrywer is aangeval terwyl sy in
Kaapstad aan diens was. ‘n Metrorail woordvoerder, Riana Scot sê die aanvaller
het na bewering die deur na die treindrywer se kajuit oogeskop. Scott sê die
vrou is van haar persoonlike besittings beroof.

INHEGTENIS NEMINGS

Metrorail se spoorwetstoepassingseenheid het die afgelope
week 13 verdagtes in hegtenis geneem. ‘n Metrorail-woordvoerder, Riana Scott sê
die verdagtes staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend die beskadiging van
noodsaaklike infrastruktuur, poging tot kabeldiefstal, die besit van gesteelde
eiendom en betreding. Sy sê 31 onwettige inwoners is van ‘n eiendom van Prasa
tussen Bellville en Parow verwyder en 17 strukture is afgebreek.

HOF VERSKYNING

‘N 16-jarige voormalige-Sans Souci Girl 
Hoërskoolleerder sal vanoggend in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag
van aanranding. Dit volg op ‘n fisiese konfrontasie in Februarie tussen die
leerder en haar onderwyser, Clarissa Venter. ‘N Video wat die onderwyser die
meisie in die gesig klap, het op sosiale media viraal geword. Venter het die
aanrandingsklag gelê teen die graad 9-leerling wat sedertdien na ‘n ander skool
verskuif het. Die tiener se ma het dieselfde klag teen Venter gelê. Die
onderwyser word verwag om môre na die werk terug te keer nadat die
skoolbeheerliggaam hul dissiplinêre proses gesluit het. 

VERMISTE BABA

Twee vroue is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die
Blue Downs hof in verband met die verdwyning van ‘n eenjarige seun van
Kuilsrivier. Die kind, Orderick Lucas, het ‘n week gelede vermis geraak. Sy ma
het hom vier dae later as vermis aangemeld. Die ma is na bewering een van die
vroue wat in hegtenis geneem is. ‘n Polisiewoordvoerder, Frederick van Wyk sê
‘n uitgebreide soektog na die kind is van stapel gestuur. Die twee vrou estaan
tereg op aanklagte van kinderverwaarlosing en kinderverlating.

SKIET VOORVAL

Vier mense is vanoggend doodgeskiet en nog twee is gewond in
‘n skietery by die Houtbaai taxistaanplek in Kaapstad. ‘n Aantal paaie in die
gebied is afgesper. ‘n Polisiewoordvoerder, Andre Traut sê
misdaadtoneelkundiges is steeds op die toneel. Niemand is nog in hegtenis
geneem nie. Verlede week is ‘n taxibestuurder in die gebied doodgeskiet na ‘n
geskil oor taxi-roetes.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: