Afrikaans nuus, 08 April 2019

Written by on 08/04/2019

nuus by Michelle Augus

GEEN MyCITI BUSDIENSTE

MyCiTi-busdienste moes op sommige roetes opgeskort word
weens ‘n protes.Demonstreerders verhoed dat busse ‘n depot in Blackheath
verlaat.Busse op N2-express roetes word ook beïnvloed.Die Stad Kaapstad se
Felicity Purchase het bevestig dat  die busse nie die depot kan verlaat
nie.

NUWE TVET KOLLEGE

Minister van Hoër Onderwys Naledi Pandor het planne onthul
om ‘n kollege in Mitchell’s Plain te bou.Die R380 miljoen TVET-kollege sal die
eerste in die gebied wees.Terwyl sy oor die naweek die ontwikkeling aangekondig
het, was Pandor gevra of die aankondiging bloot vir elektioneering doeleindes
was deur die ANC.

GESPREK OOR SKIETVOORVALLE

Die Minister van Polisie, Bheki Cele besoek vanoggend
Houtbaai in die Kaapse Skiereiland om met belanghebbendes in gesprek te tree.
Vyf mense is die afgelope tyd dood en twee gewond in taxi-verwante
skietvoorvalle in die gebied. Cele sal kwessies wat verband hou met polisiëring
by ‘n plaaslike sportterrein bespreek. Polisiepatrollies in die gebied is
intussen verskerp.

PAD ONGELUK

Twee skoolkinders is ernstig beseer toe ‘n minibus wat 20
kinders vervoer het teen ‘n motor gebots het in Pinetown, wes van Durban. ‘n
Woordvoerder van die KwaZulu-Natalse Nooddienste, Robert Mckenzie sê die
minibus was besig om leerders by verskeie laerskole in die gebied af te laai.
Die ander kinders in die minibus het geringe beserings opgedoen. Die polisie
ondersoek die oorsaak van die botsing.

WEERNUUS

Motoriste is gevra om versigtig te bestuur te middel van
koue en nat toestande oor groot dele van die land. Maksimumtemperature in die
middel-twintigs word voorspel dwarsoor Suid-Afrika. Die reënerige toestande in
Gauteng sal na verwagting uitbrei na Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Reën word ook
vanoggend in die Oos-Kaap voorspel met bewolkte toestande op die kus tot by
Durban. Bewolkte toestande en mis sal voorkom in die kusdele van die
Noord-Kaap. Hewige donderstorms word voorspel vir die sentrale binneland, met
hael en sterk wind in die Vrystaat en dele van Noordwes.

OPTOG NA SANDTON

Inwoners van Alexandra het buite die stadion in die township
begin byeenkom vir hulle optog na die Johannesburg Metro se streekkantoor in
Sandton. Inwoners het verlede week begin betoog oor ‘n beweerde toename in
onwettige strukture in die gebied en ander probleme met dienslewering. Hulle
het onderneem om Sandton tot stilstand te bring. ‘n Gemeenskapsleier, Sandile
Mavundla sê hulle is effens vertraag weens die nat weerstoestande, maar dat die
optog sal voortgaan. Die polisie is in die gebied ontplooi om die optog te
monitor.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: