Afrikaans nuus, 10 April 2019

Written by on 10/04/2019

Nuus by Michelle Augus

BEVEL VIR POLITIEKE PARTYE VIR SAMEWERKING

Verskeie Kaapse gemeenskapswerkers sê dat politieke partye
hul verskille opsy moet sit om bendegeweld in die Wes-Kaap aan te pak.Polisie
Minister Bheki Cele het gepraat van die suksesse van die Anti-Gang Unit en
Operation Thunder sedert hulle verlede jaar bekendgestel is.Alan Winde, die
gemeenskapsveiligheidskommissaris, het beweer dat die provinsie se moordkoers
“onrusbarend hoog bly” ten spyte van die ingrypings en hy het die
Demokratiese Alliansies se oproep vir ‘n provinsiale polisiediens
herhaal.Tenspyte van di sukses van die Anti-Gang-eenheid, nie almal is oortuig
nie.

PROTESOPTREDE

Twee paaie in Blackheath is weens die vroeë oggend protes
weer gesluit vir verkeer. Inwoners van Happy Valley betoog vir basiese dienste.
Richard Coleman, woordvoerder van die stad, sê Blackheathweg en Wimbledonweg
tussen Buttskopweg en Skoolstraat is in albei rigtings gesluit. Die polisie en
die stad se wetstoepassers moniteer die situasie.

BORGTOG AANSOEK

‘N 58-jarige voormalige eiendomsagent wat aangekla word van
bedrog en korrupsie, sal vandag aansoek doen om borgtog in die
Bellville-streekhof. Ibrahim Armien is ‘n week gelede in hegtenis geneem. Sy
ex-vrou,Rugaya van der Schyff, wat ‘n voormalige prokureur is, het ook ‘n klag
van bedrog.’N Woordvoerder van die Valke, Philani Nkwalase, het gesê die
beweerde bedrog is tussen Februarie 2009 en Oktober 2010 gepleeg. Die duo was
na bewering nie in besit van ‘n geldige getrouheidsertifikaat nie maar hulle
het egter blykbaar voortgegaan om eiendomstransaksies in Khayelitsha en
Langebaan te fasiliteer, wat sowat drie en ‘n half miljoen rand werd is. Van
der Schyff sal môre aansoek doen om borgtog.

STEM WERFING

Die Vryheidsfront Plus gaan vandag stemme werf in Distrik
Ses in Kaapstad. Die party sê Distrik Ses is `n voorbeeld van die ANC se
onvermoë om grondhervorming af te handel. Die gebied is 53 jaar gelede as `n
wit gebied verklaar en bykans 60 duisend mense is na die Kaapse Vlakte
verskuif. Meer as duisend mense het finansiële vergoeding van die hand gewys en
wil na die gebied terugtrek. Die Vryheidsfront Plus sê wat die afgelope 21 jaar
in Distrik Ses gebeur het, toon die ANC se onvermoë en is een van die hoofredes
waarom grondhervorming in Suid-Afrika misluk het.

TUSSEN VERKIESINGS

Drie tussenverkiesings sal vandag in die Wes-Kaap gehou
word. Kiesers sal in die Stellenbosch-, die Hessequae- en die
George-munisipaliteite stem. Die provinsiale hoof van die OVK, Courtney
Sampson, sê dit volg na die bedanking van twee raadslede en die dood van ‘n
derde. Stembusse het om sewe-uur vanoggend geopen en sluit weer om nege-uur
vanaand waarna daar met die stemtellery begin sal word.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: