Afrikaans nuus, 02 May 2019

Written by on 02/05/2019

Nuus by Michelle Augus

BESORGHEID VAN BEGRAFPLASE

Die Stad Kaapstad het gesê dat sekuriteit by begraafplase ‘n
groeiende besorgdheid geword het.Dit volg na berigte oor die diefstal van
grafplate by Langa Begraafplaas.Grafstene is ook in Plumstead beskadig.Die stad
Kaapstad se Zahid Badroodien het gesê die beamptes sal veiligheidsmaatreëls
instel.Laat verlede jaar is meer as 400 grafte beskadig toe ‘n vuur deur die
Khayelitsha begraafplaas gewaai het.Owerhede glo die brand was doelbewus
veroorsaak.

SKIET VOORVAL

Een persoon is gewond toe die polisie in Nyanga naby
Kaapstad voertuie by ‘n padblokkade afgetrek het. Die insittende van ‘n
voertuig het op die polisie begin skiet, waarna hulle teruggeskiet het en hom
gewond het. Die gewonde man en nog ‘n verdagte is in hegtenis geneem. Die
polisie het op ‘n aantal gesteelde goedere, insluitende elektroniese toerusting,
in hul voertuig afgekom. Buitelandse paspoorte is in een van die sakke gevind,
asook twee stelle nommerplate. ‘n Suster van een van die verdagtes, het die
voertuig glo vir hulle gehuur. Die mans sal binnekort in die hof in Athlone
verskyn.

HOF VERSKYNING

‘n Man wat na bewering die Paasnaweek betrokke was by die
brandstigting op twee treine op die Kaapstadse stasie, sal vandag weer in die
landdroshof verskyn. Twaalf treinwaens het weens brand in die slag gebly. Die
verdagte van Khayelitsha, Thobela Xoseni, het om regshulp aansoek gedoen.
Xoseni word aangekla van kwaadwillige saakbeskadiging. Die skade aan die
treinwaens word op 33 miljoen rand beraam. Brandstigting die laaste paar jaar
het meegebring dat minder as die helfte van die vereiste aantal treine in
Kaapstad bedryf word. Die jongste voorval volg op die onlangse bekendstelling
van die eerste van ‘n beplande nuwe vloot treine deur president Cyril Ramaphosa
in Kaapstad.

POLITIEKE NUUS

Met net dae voor die verkiesing het die GOOD party leier
Patricia de Lille  die steun van nog ‘n prominente Capetonian
ontvang.Nadat sy die gewilde sanger Allister Izobel aan boord gekry het, het De
Lille nou die voormalige Springbok-afrigter, Peter de Villiers, ook aanboord.
De Lille het gesê dat bekende persoonlikhede maak haar party meer
aantrekliker.Vir meer as twee weke het De Lille gesels met die voormalige
Springbok-afrigter om hom te oortuig om by die party aan te sluit.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: