06 May 2019

Written by on 06/05/2019

Nuus by Michelle Augus

VEILIGHEID MAATREELS

Wetstoepassers in Kaapstad het bykomende magte ontvang om
die veiligheid van gemeenskappe in die Metrogebied te verseker. Die
Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, J.P Smith, sê
wetstoepassers van die stadsraad kan nou mense in hegtenis neem vir die
verskaffing, besit en verspreiding van alkohol asook alle verkeersverwante
oortredings. Hy sê daar is reeds van 2016 af pogings aangewend om die magte van
munisipale wetstoepassers uit te brei.

NUWE PRASA TREINE

Nuwe passasierstreine word steeds in Kaapstad
getoets.Proeflopies is aan die gang en hulle sal oor die volgende paar maande
uitgevoer word.Metrorail se Daphne Kayster het gesê dat Die nuwe treine maak
deel uit van Prasa se moderniseringsprogram, wat deur die regering befonds
word. Dit sluit in heraanduidings, vlootvernuwing en stasie-opgraderings. Daar
word gehoop dat twee nuwe treine sal help om dienste te verbeter.

BRAND VOORVALE

‘N Reeks brande oor die naweek het drie lewens geëis.Twee
afsonderlike hutte het in ‘n paar uur vroeg gisteroggend in dieselfde informele
nedersetting in Philippi uitgebreek. ‘N Seun en ‘n man het gesterf in die
voorval.Gister het ‘n ander vuur in dieselfde gebied uitgebreek en In
Kraaifontein is ‘n man dood in ‘n hokvuur.

HOF VERSKYNING

Die Man wat van die verkragting en moord op ‘n sesjarige
meisie van Elim naby Bredasdorp in die Overberg aangekla word, is vanoggend
terug in die hof. Delvina Europa het twee maande gelede vermis geraak en haar
lyk was dae later in bosse agter ‘n skool in die omgewing gevind. Die 34-jarige
beskuldigde het verlede maand sy borgtogaansoek opgehef. Inwoners het buite die
Bredasdorpse landdroshof geprotesteer en gevra dat die hof nie die beskuldigde
borgtog moet gee nie. Twee petisies deur inwoners is ook in hierdie verband aan
die hof voorgelê. 

INHEGTENISNEMINGS VAN DRONK BESTUURDERS

Vyf-en-dertig mense is sedert die begin van die naweek in
die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir dronkbestuur. Die Wes-Kaapse verkeershoof,
Kenny Africa, sê polisiebeamptes het ‘n bestuurder wat vyf keer oor die wettige
alkoholperk was by Worcester in die Boland aangekeer. Hy sê nog sewe mense is
in hegtenis geneem vir aanklagte soos roekelose en nalatige bestuur asook die
besit van Mandrax-tablette en ‘n gesteelde voertuig. Africa sê meer as
tweeduisend voertuie is afgetrek en meer as 800 bestuurders is vir alkohol
getoets. Drie bestuurders is vir die besit van vervalste dokumente aangekeer.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: