Afrikaans nuus, 15 May 2019

Written by on 15/05/2019

Nuus by Michelle Augus

SKOOL PROTES

‘N Groep ouers en leerders by die Bloekombos Sekondêre Skool
in Kraaifontein het buite die skool geprotesteer teen oorbevolking. Ouers sê
die skool het kapasiteit vir een duisend 200 leerders, maar meer as twee
duisend is ingeskryf. Hulle sê die doel van die protes is om hul eise vir ‘n
nuwe skool in die gebied uit te lig. Die skoolbeheerliggaam sê sommige klasse
het tot 70 leerders.

PLAAS MOORD

Die regering het weer onder kritiek deurgeloop omdat die
landbou-veiligheidsplan nog nie in werking gestel is nie. Dit volg nadat ‘n
boer eergister in die Angora-plaasdistrik buite Bonnievale in die Wes-Kaap
vermoor is. Sy vrou is in die waakeenheid opgeneem nadat sy onder meer met
kookwater gebrand is. Afriforum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron,
sê daar is reeds twaalf plaasaanvalle sedert die begin van die jaar in die
provinsie aangeteken. Cameron sê hulle pleit al vir meer as ‘n dekade vir die
implementering van die veiligheidsplan.

BEROEP VIR PRESIDENT CYRIL RAMAPHOSA

Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela het ‘n
beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om mense in sy kabinet aan te stel
wat vertrou kan word vir hulle etiese leierskap en integriteit. Madonsela het
die Aartsbiskop Thabo Makgoba-ontwikkelingstrust lesing by die Universiteit van
die Wes-Kaap gelewer. Haar lesing het gefokus op die toestand van leierskap
teen die agtergrond van die debat oor staastakaping. Madonsela sê diegene wat
tot posisies van mag verkies word moet kan rekenskap gee van elke rand wat in
die naam van armes bestee word. Sy sê meeste van die geld wat toegeken word vir
dienslewering, bereik nie die mense waarvoor dit bedoel is nie.

MOORD ONDERSOEK

Die polisie by George in die Suid-Kaap ondersoek die motief
en moontlike verband tussen twee afsonderlike skietvoorvalle in Thembalethu,
wat twee mense dood gelaat het. Gister het hulle die lyk van ‘n man in ‘n kloof
tussen Thembalethu en Pacaltsdorp ontdek. Die polisiewoordvoerder,Malcolm
Pojie, het gister gesê daar was nog ‘n skietery in dieselfde gebied, wat een
man se dood veroorsaak het.

HEREVALUERING VAN ANC KANDIDAATSLYS

Die ANC sê die party se integriteitskomitee is nog besig om
sy nasionale kandidaatslys te hersien. Die party het onder skerp kritiek
deurgeloop oor die name wat op die lys verskyn. Dit sluit in die voormalige
minister van Minerale bronne, Mosebenzi Zwane, die Minister van Vrouesake in
die presidensie, Bathabile Dlamini, die voormalige minister van Binnelandse
Sake, Malusi Gigaba en die Minister van Omgewingsake, Novula Mokonyane. Van dié
lede word betrek by korrupsie. Die ANC se nasionale woordvoerder, Pule Mabe, sê
die nasionale uitvoerende komitee sal die kandidaatslys bespreek wanneer hulle
binnekort vergader.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: