Afrikaans news, 28 May 2019

Written by on 28/05/2019

Nuus by Michelle Augus

INHEGTENISNEMING
Die eienaar van ‘n vrugtewinkel in die Nkanini-informele nedersetting in
Khayelitsha  is in hegtenis geneem op aanklagte van dwelmhandel. ‘n
Woordvoerder van die Metropolisie, Ruth Solomons, sê beamptes het die winkel
deursoek en op die dwelms afgekom. Die beamptes het afgekom op dagga, tik en
sowat drieduisend rand kontant. Die winkeleiaar word by die
Harare-polisiestasie aangehou terwyl die ondersoek voortduur.

VERMISTE BABA TERUG BESORG
‘N Twee-maande oue baba van Delft is met haar ma herenig nadat sy nie vir twee
dae vermis was.Die baba was Saterdag laas met haar antie gesien. Sy het haar
glo na ‘n baba-kompetisie geneem.Maar die ma het bekommerd geword en die
owerhede gewaarsku toe haar suster nie teruggekom het nie sy haar nie in die
hande kon kry nie. ‘N Ondersoek na die saak gaan voort.

STYGING IN DODETAL
Die dodetal na gister se kettingbotsing op die N3 by Vosloorus, oos van
Johannesburg, het tot tien gestyg. Vier voertuie en vier vragmotors was by die
botsing naby die Barry Marais-afrit betrokke. Minstens 20 mense is in die
botsing beseer. Die waarnemende bestuurshoof van die Thelle Mogoerane-hospitaal
in Vosloorus, Michael Malaka sê een van die sewe beseerdes wat in dié hospitaal
opgeneem is, het later aan haar wonde beswyk. ‘n Voorlopige ondersoek dui
daarop dat swak sigbaarheid weens ‘n veldbrand tot die botsing bygedra het. Die
polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag en roekelose of nalatige
bestuur, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

INHULDIGING
Die ANC-koukus in die Parlement het bevestig dat die adjunkpresident van die
party, David Mabuza, vanmiddag in Pretoria as parlementslid ingehuldig sal
word. Die seremonie vind om vieruur by die Presidensiële Gastehuis plaas, waar
Hoofregter Mogoeng Mogoeng die inhuldiging sal waarneem. Mabuza het verlede
week gevra dat sy inhuldiging uitgestel word, sodat hy eers bewerings, dat hy
die ANC in onguns gebring het, met die party se Integriteitskommissie kon
uitklaar. Mabuza wou die bewerings opklaar wat sedert sy ampstermyn as premier van
Mpumalanga bestaan. President Cyril Ramaphosa het verlede week gesê Mabuza wil
die kwessie afhandel in die lig van die kiesersmandaat en ‘n nuwe politieke
omgewing van vertroue.

UITSTELLING VAN AANKONDIGING
Gaan David Makhura glo nie sy kabinet vandag aankondig soos verwag is nie,
omdat raadpleging met die ANC oor die aanstelling van LUR’e steeds aan die gang
is. Op Twitter word daar druk bespiegel dat die voormalige LUR van Onderwys,
Panyaza Lesufi, moontlik die nuwe Minister van Onderwys kan wees. Die
woordvoerder van die Gautengse regering, Thabo Masebe wou nie enige individu by
die bespiegeling betrek nie, en sê al wat hy tans kan bevestig is dat premier
Makhura steeds besig is met raadpleging en nog nie sy kabinet gefinaliseer het
nie.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: