Afrikaans nuus, 29 May 2019

Written by on 29/05/2019

TREIN BRANDSTIGTING

Metrorail het begin met `n omvattende ondersoek nadat twee treinwaens aan die brand geslaan het toe die trein op die Kaapstadse stasie aangekom het. Twee waens is vernietig en `n derde beskadig.Die nuwe Wes-Kaapse gemeenskapsveiligheidslid Albert Fritz het vanoggend die Kaapstadse treinstasie besoek om die skade wat aangerig is te evalueer. Bykans 150 treinwaens van sowat R500 miljoen  is die afgelope drie jaar in brande tot niet. Niemand is in die jongste voorval beseer nie. Metrorail waarsku dat die brand treindienste kan beïnvloed. `n Woordvoer, Riana Scott, sê platforms vyf en ses is weens die brand gesluit en kan vertragings veroorsaak.

VEILIGHEID VERBETERING

Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid in die Kaapstadse metroraad, JP Smith sê die voorgestelde begroting van 535 miljoen rand vir dié direktoraat sal help om aan inwoners se behoefte vir beter veiligheid te voldoen. Hy sê die metroraad beplan om misdaad op ‘n meer doeltreffende wyse te benader.

REDDING MISSIE

Vyf vissers manne is gered van die kus van Lambertsbaai, aan die Weskus, nadat hul boot beskadig is toe dit ‘n walvis getref het. Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddinginstituut, sê die boot het ‘n kraak in die botsing opgedoen, wat veroorsaak het dat dit water in beslag neem. Hy sê vissersmanne op ‘n ander vaartuig het die mans aan boord geneem voordat hulle na NSRI-reddingsbote oorgeplaas was.

VONNISOPLEGGING

`n Agt-en-dertigjarige pa is in die Streekhof in Richardsbaai vyf keer lewenslank tronk toe gestuur vir die verkragting van sy stiefdogter. `n Polisiewoordvoerder sê die man het sy stiefdogter in 2005 begin verkrag toe sy net vier jaar oud was. Die verkragtings het tot in 2015 voortgeduur. Die man is ook vyf jaar tronkstraf opgelê omdat hy sy stiefdogter se vriendin seksueel gemolesteer het.

HOFVERSKYNING

Die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, sal na verwagting vandag in die Gelykheidshof in Randburg verskyn. Dit hou verband met sy verklaring voor die kommissie van ondersoek na staatskaping. In `n klankopname wat tydens die ondersoek gespeel is, gebruik Agrizzi telkens die K-woord. Die Menseregtekommissie het na aanleiding van die opname die Gelykheidshof genader. Die kommissie wil hê dat Agrizzi onvoorwaardelik verskoning moet vra.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: