Afrikaans nuus, 05 May 2019

Written by on 05/06/2019

nuus by Michelle Augus

WEER WAARSKUWING
Die Kaapse Weerkantoor het vissermanne aangeraai om vandag nie op die see uit
te gaan nie, te midde van ‘n sterk suidwestewind wat vir die kusgebied voorspel
word. Gure weer kom sedert Maandag oor die gebied voor met nog ‘n kouefront wat
in aantog is en teen vanmiddag verwag word. Ligte sneeu word ook vir die Boland
voorspel. Swaar reën van tussen 22- en 55-millimeter het sedertdien oor ‘n
groot gebied uitgesak wat welkome verligting vir die droogte-geteisterde
provinsie is. Intussen het die Kaapstadse Rampbestuursentrum bevestig dat daar
oorstromings was in ‘n aantal townships en informele woongebiede. ‘n
Woordvoerder, Charlotte Powell, sê hulle is besig met ‘n skadeberaming in
Khayelitsha, Langa en Gugulethu. Sy sê daar is tans geen dringendheid om mense
na veilige plekke te verskuif nie.

EID-UL-FIRT
Moslems vier vandag Eid-ul-fitr na die vasgestelde maand van Ramadaan. Groepe
het gisteraand by Three Anchor Bay in Kaapstad vergader vir die waarneming van
die maan  ten spyte van bewolkte toestande. Eid word tradisioneel
gekenmerk deur vroeë oggend gebede, besoeke aan grafte en familie middagete.

EID KOS SKEMA
Vyf-en-dertig jaar gelede het die nie-winsgewende organisasie Nakhlistan die
dag voor Eid begin kook om die minder bevoriges in die gemeenskap van Rylands
te voed.Wat begin het tussen drie vriende met twee klein potte in 1984, het
verander in wat nou ‘n massakook-geleentheid geword het, waar 300 vrywilligers
hande inspan om kos vir duisende mense regoor die Wes-Kaap te maak.Nakhlistan
in vennootskap met ‘n ander organisasie, Mustadafin Foundation, sal 85,000
mense op die dag van Eid vandag voed.Terwyl Nakhlistan fokus op die
kookkomponent, fokus die Mustadafin-stigting op die verspreiding van die etes
aan gebiede soos Atlantis, Houtbaai, Uitsig, Manenberg en vele meer.

ELEKTRISITEIT KWESSIE
Langa se mees verswakte en kwesbare moes amper ‘n week sonder ‘n warm maaltyd
of warm stort gaan, want die Stad Kaapstad het die Cheshire Home se
elektrisiteit oor onbetaalde rekeninge gesny. Die verontregte fasiliteit, wat
26 grootliks liggaamlike gestremde persone versorg, het die stad vir hul
verskriklike ervaring geblameer. Daar word beweer dat geen kennis gegee is
voordat die besluit geneem was  nie.Algemene bestuurder by die fasiliteit
Mnyamezeli Mbadlisa het gesê die meeste inwoners gebruik elektriese rolstoele,
wat as gevolg van die kragonderbreking nie herlaai kon word nie, so die
inwoners was nie mobiel nie.Adjunk-burgemeester en finansiering Mayco-lid, Ian
Neilson, het gesê die stad het nie geweet mense met gestremdhede woon op die
eiendom nie.

VETERAANJOERNALIS STERF AF
Die veteraanjoernalis en aktivis vir mediavryheid, Raymond Louw is vanoggend in
die Morningside-kliniek in Johannesburg oorlede, waar hy in die waakeenheid
behandel is. Hy was 92-jaar oud. Sy vrou, Jean, is gister oorlede. Louw was die
voormalige redakteur van die Sunday Times en die Rand Daily Mail en was ook ‘n
stigterslid van die Suid-Afrikaanse Redakteursforum. Hy was adjunk-voorsitter
van die Suid-Afrikaanse Persraad ten tyde van sy dood.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: