Afrikaans nuus, 11 May 2019

Written by on 11/06/2019

Nuus by Michelle Augus

MOORD SAAK

‘N Durbanville-onderwyser is tydens ‘n rooftog by haar huis vermoor.Die 62-jarige vrou se lyk is in die vroeë oggendure gister deur haar seun gevind met steekwonde aan haar lyf.Die polisie het bevestig dat die slagoffer se man, ‘n advokaat, ook verskeie kere gesteek was, maar hy kon homself na ‘n nabygeleë hospitaal vir mediese behandeling bestuur.Geen arrestasies is gemaak nie en n moordsaak is vir ondersoek geregistreer.

SKIET VOORVALLE

Twee mans is in afsonderlike voorvalle in Blackheath doodgeskiet. Polisiewoordvoerder, Frederick van Wyk, sê misdaadtoneelkenners kombineer nog steeds die gebied vir leidrade. Hy sê geen arrestasies is gemaak nie en die motief vir die moorde word nog ondersoek.Die eerste voorval het by Heathstraat, Austinville, Blackheath plaasgevind, waar ‘n 49-jarige man doodgeskiet was.Die tweede voorval het by Butskoppweg regoor die vulstasie plaasgevind waar die tweede slagoffer,’n 24-jarige man, doodgeskiet was.

METROPOLISIE BEAMPTE HELP MET GEBOORTE

‘n Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit van Kaapstad, JP Smith, het ‘n wetstoepasser van die stad geprys nadat sy ‘n ma van Delft gehelp het om geboorte te skenk, terwyl hulle vir hulp gewag het. Die metropolisiebeampte, Faldelah Scholtz, was op patrollie in die middestad toe sy na die Groenpunt-hospitaal geroep is. Sy moes die ma met die bevalling bystaan voordat die hospitaalpersoneel opgedaag het.

SLUITING VAN TWEE SKOLE VEROORDEEL

Die ANC in die Wes-Kaapse Wetgewer het beweerde planne deur die provinsiale regering om twee skole in Manenberg op die Kaapse Vlakte te sluit, veroordeel. Die party se provinsiale onderwyswoordvoerder, sê dit het onder hul aandag gekom dat twee skole in die gebied gesluit gaan word, sodat die ou GF Jooste-hospitaal teen ‘n koste van meer as twee miljard rand herbou kan word. Die party sê hoewel hulle nie gekant is teen die hospitaal nie, het die gemeenskap ‘n groot behoefte aan die skole. Die ANC het vroeër ‘n veldtog gevoer teen die sluiting van die hospitaal.

NUUTSTE BEDANKING VAN MINISTER

Die voormalige minister in die presidensie, Bathabile Dlamini, het as parlementslid bedank. Die kantoor van die hoofsweep van die ANC het haar bedanking vanoggend bevestig. Dit volg kort op die hakke van ander voormalige ministers, Siyabonga Cwele en Jeff Radebe wat gister bedank het. Ander voormalige kabinetslede wat ook nie meer parlementslede is nie, is Thokozile Xasa, Dipou Letsatsi-Duba en Momaindia Mfeketo.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: