Afrikaans nuus, 19 July 2019

Written by on 20/06/2019

nuus by Michelle Augus

NUWE BELEID

Die natuurbewaringsliggaam, CapeNature, het ‘n nuwe beleid ingestel waarvolgens die beperkte gebruik van wilde plante vir tradisionele, kulturele en medisinale doeleindes toegelaat word. Die Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake steun die beleid. Gemeenskappe en tradisionele genesers sal in die toekoms wilde plante kan oes uit die veld wat Cape Nature bewaar en bestuur.

DA OORWINNING

Die DA het wyk 21 in Durbanville in Kaapstad in ‘n tussenverkiesing gister behou. Die DA-kandidaat, Hendri Terblanche het 89-persent van die stemme ontvang. Die wyk was vakant na die dood van ‘n raadslid. Die Cape-party, die EFF en die DIP het ook aan die tussenverkiesing deelgeneem.

WEERNUUS

Die Kaapse Weerkantoor het ‘n waarskuwing uitgereik dat vanaf more middag ‘n reeks koue fronte en stormkragwinde in die Wes-Kaap gaan voor kom. Senior Voorspeller, Thabisile Nhleko, sê ook swaar reën word Saterdagoggend verwag met moontlike donderstorms.

VOORBEREIDING VIR SONA

Streng veiligheidsmaatsreëls geld reeds in die omgewing van die Parlement in voorbereiding vir President Cyril Ramaphosa se staatsrede vanaand. Polisie op motorfietse het reeds vroeg vanoggend stelling ingeneem in Pleinstraat voor die Parlementsgebou, terwyl veiligheidsklarings reeds van kort na vyfuur vanoggend in Hopestraat gedoen word. Sowat eenduisend-200 gaste sal na verwagting die eerste Staatsrede van die sesde Demokratiese Administrasie bywoon. Die speaker in die Nasionale Vergadering, Thandi Modise het vroeër die versekering gegee dat alle reëls tydens die staatsrede nagekom sal word.

MOORD ONDERSOEK

Die polisie het bevestig dat twee hawelose mans in Pretoria wat na bewering aanvalle oorleef het, met die polisie gepraat het. Dit volg nadat die liggaam van ‘n vyfde hawelose man gister by ‘n busterminaal naby die Unisa-kampus in Muckleneuk gevind is. Die polisie het bevestig dat al vyf die slagoffers middeljarige mans is wat die afgelope drie weke gedurende die nag in dieselfde gebied vermoor is. ‘n Polisiewoordvoerder, Mothapelo Peters sê nadat hulle met die twee mans gepraat het kon hulle bepaal dat daar sekere ooreenkomste tussen die aanvalle was. Die mans is aangeval terwyl hulle geslaap het en sê die aanvaller het ‘n klapmus gedra. Peters sê die polisie werk dag en nag en volg verskeie leidrade op om die aanvaller te vind.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: