Afrikaans nuus, 21 June 2019

Written by on 21/06/2019

TREINRIT KANSELASIE

Die Minister Vervoer, Fikile Mbalula het sy beplande treinrit vanoggend op die sentrale roete van Khayelitsha na die Kaapstad-stasie gekanselleer. Die treinrit is gekanselleer omdat President Cyril Ramaphosa Mbalula elders benodig. Verdere besonderhede oor die rede vir die kansellasie is nie bekend nie. Mbalula het beplan om tydens se eerste treinrit as Minister van Vervoer met pendelaars in gesprek te tree om uit te vind wat hulle daaglikse uitdagings is. Treininfrastruktuur op die sentrale roete word gereeld gevandaliseer en beskadig. Mbalula se woordvoerder sê ‘n ander datum vir die treinrit sal binnekort aangekondig word.

NUWE DAGSORGSENTRUM

Die Rheinmetall Denel-wapenaanleg het aangekondig dat ‘n tien miljoen randse dagsorgsentrum by die maatskappy se hoofkwartiere in Macassar, naby Somerset-Wes gebou word. ‘n Sooispit-seremonie sal vanoggend gehou word om die begin van die bouwerk te vier. ‘n Woordvoerder, Ruby Maree sê ‘n aantal hoogwaardigheidsbekleërs sowel as gemeenskapsorganisasies is na die seremonie genooi. Die dagsorgsentrum sal personeel se kinders sowel as kinders uit die Macassar-gemeenskap versorg, en sal plek hê vir 150 kinders van babas tot graad R. Agt mense is verlede jaar dood in ‘n ontploffing by die wapenaanleg, waarna die maatskappy ondderneem het om met families en personeellede gesprek te voer.

HOF VERSKYNING

‘n Verdagte verskyn vandag in die landdroshof op King William’s Town in die Oos-Kaap in verband met die skietery op ses lede van die polisie se bende-eenheid verlede week in die Samora Machel informele woongebied in Nyanga op die Kaapse Vlakte. Die 30-jarige verdagte is in hegtenis geneem by ‘n dokter se spreekkamer waar hy behandeling ontvang het ná die skietery met die polisie in Kaapstad. Die polisie sê hulle het inligting ontvang dat die man uit Kaapstad na sy tuisdorp naby Zwelitsha gevlug het. Hy word aangekla van poging tot moord.

TERUG BETALING VAN STAATSFONDSE

President Cyril Ramaphosa het tydens sy staatsrede onderneem dat meer as 14 miljard rand wat deur korrupsie by belastingbetalers gesteel is, teruggekry sal word. Ramaphosa sê die regering is besig met stappe om korrupsie en staatskaping te bekamp deur onder meer die Nasionale Vervolgingsgesag, die Inkomstediens en die Spesiale Ondersoekeenheid te versterk. Hy sê ‘n spesiale tribunaal by die Ondersoekeenheid sal binne die volgende paar maande begin met sy werksaamhede. Die tribunaal sal poog om siviele eise na aanleiding van ondersoeke deur die ondersoekeenheid, te bespoedig.

President Cyril Ramaphosa het ook in sy staatsrede onder meer die onafhanklikhied van die Reserwebank herbevestig. Hy sê die bank is ‘n kritieke instelling in die demokrasie wat groot aansien en geloofwaardigheid plaaslik en internasionaal geniet. Hy sê die Grondwet bepaal die mandaat van die Reserwebank om die waarde van die geldeenheid te beskerm in belang van gebalanseerde en volhoubare groei.

SONA TERUGVOERING

de onderneem dat meer as 14 miljard rand wat deur korrupsie by belastingbetalers gesteel is, teruggekry sal word. Ramaphosa sê die regering is besig met stappe om korrupsie en staatskaping te bekamp deur onder meer die Nasionale Vervolgingsgesag, die Inkomstediens en die Spesiale Ondersoekeenheid te versterk. Hy sê ‘n spesiale tribunaal by die Ondersoekeenheid sal binne die volgende paar maande begin met sy werksaamhede. Die tribunaal sal poog om siviele eise na aanleiding van ondersoeke deur die ondersoekeenheid, te bespoedig.

President Cyril Ramaphosa het ook in sy staatsrede onder meer die onafhanklikhied van die Reserwebank herbevestig. Hy sê die bank is ‘n kritieke instelling in die demokrasie wat groot aansien en geloofwaardigheid plaaslik en internasionaal geniet. Hy sê die Grondwet bepaal die mandaat van die Reserwebank om die waarde van die geldeenheid te beskerm in belang van gebalanseerde en volhoubare groei.

SONA TERUGVOERING

Die DA en die Vryheidsfront Plus het gisteraand se staatsrede gekritiseer en dit beskryf as verbeeldingsloos en sonder enige daadwerklike planne om die ekonomie te red. Die leier van die DA, Mmusi Maimane sê president Cyril Ramaphosa se tien jaar planne ten opsigte van werkskepping, beter mediese dienste, ekonomiese transformasie en vaardigheidsontwikkeling beteken niks vir mense wat verandering desperaat nodig het nie. Die VF Plus sê geen duidelikheid is gegee oor planne om die ekonomie te red nie en dat enige plan van min of geen waarde sal wees solank as wat die wolk van onteiening sonder vergoeding oor die ekonomie hang. Die Black Business Council sê egter die toespraak het die publiek se vertroue in die toekoms van die land herstel en dat implementering nou nodig is.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: