Afrikaans nuus, 24 June 2019

Written by on 24/06/2019

Nuus by Michelle Augus

PROTES OPTREDE

‘n Golden Arrow-bus is tydens protesoptrede in Philippi in Kaapstad aan die brand gesteek. Geen beserings is aangemeld nie. Stockweg tussen Govan Mbeki- en Rochesterweg is weens die protesoptrede gesluit. ‘n Woordvoerder van Golden Arrow, Bronwynne Dyke-Beyer, sê ‘n groep mense het vanoggend die bus met klippe bestook en toe aan die brand gesteek. Sy sê busse tussen Swartklilp en Eisleben-weg word nou na ander roetes herlei.

ONTWIKKELING

Die lot van die ikoniese Deer Park Café-gebou in Vredehoek sal na verwagting vandeesweek beslis word.Die terrein is ‘n provinsiale erfenisgebou, maar ‘n aansoek is gedoen om dit verlede jaar te sloop en ‘n hoë woonstelblok te bou.Die voorgestelde slooping was gekeer teen inwoners van Vredehoek, wat bekommerd is oor die impak op die nabygeleë Rocklands Park en die groenbelt wat deur die gebied loop.Die Deer Park Cafe sloopsaak sal na verwagting more deur die Erfenis Wes-Kaapse komitee gehoor word.Volgens die restaurant se eienaars werk die eienaar van die eiendom, die Liad Property Trust, nou saam met Signatura-ontwikkelaars wat ‘n vierverdieping-woonstelblok.Om die blok te bou, moet hulle die gebou heeltemal sloop.Die saak is aanvanklik aan die einde van verlede jaar voorgelê.

AFLEGGINGS

Die Inligtingskommunikasie- en tegnologievakbond sê hy is nie geraadpleeg oor Multichoice se voorneme om duisend-790 werkers af te lê nie. Meeste van die werkers werk by inbelsentrums of kliëntediensafdelings. Die vakbond se woordvoerder, Thabang Mothelo, sê hulle het aan Multichoice geskryf om meer duidelikheid oor die kwessie te kry..

KOMMISSIE HERVAT

Die Kommissie wat staatskaping ondersoek sal vandag getuienis aanhoor van die direkteur van ‘n maatskappy wat geld vervoer, Kalandra Viljoen. Asset Movement Financial Services, wat kantore in Benoni het, is in ‘n stadium deur die finansiële owerheid ondersoek omdat dit na bewering gesteelde geld afgelewer het. Die kommissie sal ook getuienis aanhoor van die hoof van brandstofbestuur by die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Mark Vaughan en die lughawe koördineerder van SA Express, Estelle Loock. Die kommissie het Saterdag die getuienis aangehoor van die direkteur van Koroneka Trading, Babadi Tlatsana, oor beweerde wanbestuur en ongerymdhede by SA Express.

VERGADERING OOR SKIKKINGSOOREENKOMS

Die regsverteenwoordigers van die Transnet-pensioentrekkers en Transnet vergader vandag verder oor ‘n voorgestelde skikkingsooreenkoms met betrekking tot pensioenfonds-verhogings. Transnet-pensioenarisse kry jaarliks slegs ‘n 2 persent verhoging per jaar, wat nie met inflasie tred hou nie. Die pensioenarisse oorweeg ‘n groepsgeding teen Transnet om die saak reg te stel.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: