Afrikaans nuus, 03 July 2019

Written by on 03/07/2019

Nuus by Michelle Augus

MUNISIPALE
REGULASIES

·        
Die
Kaapstad metroraad sê sy munisipale regulasies is nie so streng soos talle
ander munisipaliteite in die land nie. Die burgemeesterskomiteelid vir
veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê toe die regulasies opgestel is, is daar
besluit om ‘n meer menslike benadering te volg, veral ten opsigte van bedelaars
en motorwagte. Hy sê haweloses, sal soos enige ander oortreder van regulasies,
beboet word en indien die boete nie betaal word, of die persoon nie in die hof
verskyn nie, sal ‘n lasbrief vir sy of haar in hegtenisneming uitgereik word.

BETOGING

·        
Wes-Kaapse
verkeersowerhede sê motoriste in Hanover Park op die Kaapse Vlakte, word met
klippe bestook. ‘n Groep inwoners het onderneem om die gebied tot stilstand te
bring en ‘n aantal paaie is gesluit. Die inwoners betoog volgens berigte oor
hoë misdaadvlakke in die gebied. Hulle sê hulle wil die gebied se strate
terugeis van misdadigers wat onskuldige mense, en veral kinders, vermoor. Die
inwoners eis ook ‘n toename in polisie-sigbaarheid. Die polisie en ander
wetstoepassers is op die toneel om die situasie te monitor.

VERKRAGTING ONDERSOEK

Die Wes-Kaapse
polisie ondersoek die verkragting van ‘n agt maande oue baba in Bonteheuwel by
Kaapstad. Die woordvoerder het bevestig dat speurders verskeie leidrade opvolg.
Die voorval is die afgelope naweek aangemeld. Geen verdere inligting is
bekendgemaak nie.

BETOGING

·        
Die
N2 by Plettenbergbaai in die Wes-Kaap is intussen steeds gesluit weens
protesoptrede in die gebied. Inwoners van Qolweni betoog sedert gisteraand, en
brand buitebande. Dit is nog nie duidelik waaroor die betogers ontevrede is
nie.

POLITIEKE NUUS

ANC-leier
in die Wes-Kaapse wetgewer, Cameron Dugmore, sê die provinsiale regering het ‘n
verpligting om werk te skep en die veiligheid van sy burgers te verseker. Hy
het gepraat  by ‘n ontbytvergadering in Milnerton in Kaapstad. Dugmore sê
die ANC sal sy 12 setels in die provinsiale wetgewer gebruik om die regte van
mense in die provinsie te beveg. Hy sê die party het ook die
spoorvervoerprobleem geprioritiseer en wil die kwessie van ruimtelike
beplanning regstel. Die Milnerton-geleentheid word deur die Suid-Afrikaanse
Ubuntu-stigting georganiseer. Dit word ook bygewoon deur Premier Alan Winde.
Dugmore se aanbieding is oor die “Rol van die Amptelike Opposisie in die
Wes-Kaap.”


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: