Afrikaans nuus, 08 July 2019

Written by on 08/07/2019

Nuus by Michelle Augus

·        
Die
Wes-Kaapse Gemeenskaps-polisiëringsforum sê hy gaan nie aan ‘n misdaadberaad
die naweek in Kaapstad deelneem nie, tensy ‘n vergadering met senior
polisiebestuur op al drie regeringsvlakke gehou word om ‘n oplossing vir moord
en geweldsmisdaad in die provinsie te kry. Minstens 13 mense is die naweek op
die Kaapse Vlakte doodgeskiet. Die GPF-raad wil hê die Nasionale
Polisiekommissaris en die minister van Polisie moet dit bywoon. Dié besluit is
die naweek tydens ‘n spesiale koukusvergadering geneem. Die GPF se waarnemende
voorsitter, Francina Lukas, sê as die vergadering nie plaasvind nie sal hulle
Donderdag ‘n optog na die Parlement hou. Sy sê misdaad in die Kaap het
heeltemal handuit geruk.

GEWELD OPLOSSING

‘n Organisasie
wat hom beywer om xenofobiese aanvalle stop te sit, die “Progressive
Professionals Forum”, sê die geweld en moorde in Phillipi Oos kon verhoed
gewees het indien behoorlike planne en leierskap in plek was. Die organisasie
se provinsiale sekretaris, Azania Matiwane het die plaaslike polisiestasie
besoek na die dood van elf mense die afgelope naweek. Hy sê die Philippi-Oos
polisiestasie is leierloos weens die stasiebevelvoerder wat reeds ses maande
met siek verlof is en die waarnemende stasiebevelvoerder wat al drie maande
afwesig is. Matiwane het ‘n beroep op die president en die minister van polisie
gedoen om die gebied as ‘n nasionale sekuriteitsrisiko te verklaar. Die
wyksraadslid in Phillip-Oos, Siphiwo Nqamnduku, het intussen die gemeenskap gevra
om die polisie te help om die skuldiges vas te trek. Hy sê daar moet sigbare
polisiëring wees, en dat die polisie ook die gemeenskap se hulp benodig.

HOF
VERSKYNING

Die polisie in
die Suid-Kaap sê meeste van die 81 mense wat in hegtenis geneem is tydens
verlede week se protesoptrede op Plettenbergbaai, sal vandag in die plaaslike
landdroshof verskyn. Die verdagtes, wat tussen 13 en 57 jaar oud is, sal tereg
staan op aanklagte van openbare geweld, inbraak by sakepersele, huisbraak en
diefstal, asook skade aan eiendom. Die verdagtes is in aanhouding. Inwoners van
Qolweni het Vrydag hul protesoptrede afgelas, maar beplan om dit Woensdag te
hervat indien ‘n omstrede plaaslike raadslid nie bedank nie. Hulle onderhandel
sedert Vrydag met die ANC-leierskap oor die kwessie.

MOORD
VERHOOR

‘N Vredenburgse man wat daarvan
beskuldig word dat hy sy meisie se twee kinders vermoor het, word vandag terug
in die hof verwag. Derek Karlmeyer word aangekla  van die moord op die
eenjarige Conray en drie-jarige Faith Adams.Die Louwville-gemeenskap in
Vredenberg was in skok gelaat ná die dood van die kinders. Die kinders is na
bewering op 1 Mei deur Derek Karlmeyer vermoor. Daar word beweer dat Karlmeyer
vroeg in die oggend met sy meisie gestry het en daarna vermoedelik die vrou se
twee kinders gesteek het.Die meisiekind  was op die toneel dood verklaar,
terwyl haar broer na die hospitaal vervoer was, waar hy aan sy wonde beswyk
het.Die beskuldigde is kort daarna in hegtenis geneem.

VERVOERKONFERENSIE

·        
Die
minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê die ontwikkeling die padnetwerk sal
onder die soeklig geplaas word tydens die Suid-Afrikaanse Vervoerkonferensie
wat vandag in Pretoria begin. Hy sê daar sal gefokus word op maniere om vervoer
tussen Afrika-lande te verbeter.


Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Zibonele FM

Zibonele FM

Current track
TITLE
ARTIST

Background
%d bloggers like this: