PAC Betoging teen bewerings van rasisme by Hoerskool Brackenfell​

Written By

Michelle Augus

Photo by Jenni Evans

PAC Betoging teen bewerings van rasisme by Hoerskool Brackenfell

Die polisie het skokgranate geskiet  om te voorkom dat 'n groep betogende PAC-lede die Hoërskool Brackenfell bereik. Die groep het vanoggend met hul betoging by die stasie begin, oppad na die skool toe. Die polisie het 'n versperring gevorm by die kruising wat na die Hoërskool Brackenfell lei, om te verhoed dat die groep van ongeveer 30 lede van die PAC by die skool uitkom. Die groep beweer dat hulle betoog om solidariteit te toon met EFF-lede wat verlede week tydens 'n bakleiery met ouers buite die skool aangerand was. Hulle betoog nou op die hoek van die kruising wat na die skool lei.Die organiseerders van die betoging het bevestig dat hulle nie n permit het oom te betoog nie.

News Editor

Xolisa Sindaphi

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You have successfully subscribed to Zibonele Newspaper

There was an error while trying to send your request. Please try again.

zibonele fm will use the information you provide on this form to be in touch with you and to provide updates and marketing.